Ons het die naweek hopeloos te veel televisie gekyk. Die Geliefde was kranklik en die weer was bedonnerd en ons het nie veel ander opsies gehad nie. So land ons toe op ‘n kol op The Girls of the Playboy Mansion.
Eish. Sjoe. Genade.
Ek het geweet Kendra het die mansion verlaat omdat sy verlief en verloof geraak het – en nie op Hef nie. Dat Bridget en Holly ook huis verlaat het, was nuus vir my. Ek was nog altyd vas onder die indruk dat Holly en Hef gaan saam wees tot die ou siel eendag die emmer skop. Maar nee. Holly – en ek gee haar die voordeel van die twyfel – wou graag met Heff trou en sy babatjies hê. Omdat sy so lief is vir hom. (Eeuuww) Hef het egter ander idees, en dit sluit nie huwelikseremonies en doeke in nie. So, toe wip Holly blykbaar haar gat en waai uit die mansion. Bridget is glo weg omdat sy ‘haarself wou vind’.

UIT...
En amper begin ek Hef jammer kry. Siestog, om op 82 jarige ouderdom alleen in die grote mansion te sit…
Newsflash vir my! Hef is dalk oud, maar nog lank nie koud. Hy’t drie nuwe girls in die Playboy Mansion gebring. Crystal en die 19 jarige tweeling, Kristina en Karissa. Hell’s bells. Crystal lyk of sy ‘n tawwe koekie kan wees wat die lewe al bietjie ervaar het, maar die tweeling het sulke vars, onskuldige gesiggies…

IN...
Hulle is nou Hef se nuwe ‘girlfriends’. Vergewe my, maar wat behels dit? Het hierdie girls rêrig, erig seks met die ou fossiel? Indien wel, dit kan verseker nie wees omdat aldrie hom so onweerstaanbaar sexy vind nie. Ek bedoel, so patetiese figuurtjie in ‘n maroen kamerjassie en slippers wat skuifel-skuifel beweeg…hoe hot kan hy nou regtig innie bed wees?
Oukei, so dis seker obvious. Die drie is niks meer as glamourized prozzies nie. Ek kan nie help om met ‘n perverse fassinasie na die show te kyk nie. Dis ‘n gesoen en ‘n gedruk en as die drietjies eers vir Hef begin te ‘Honey…’, wonder ek of dit vir hom ook so vals klink as wat dit vir my doen?
Kan iemand dit verklaar hoekom ek nie die blêrrie tv net kan afsit as die show op is nie? Die meisies irriteer my met hul vlakgeit en Hef walg my met sy origheid…maar kyk sal ek kyk. Nou nie ‘n reminder stel sodat ek dit nie mis nie, maar as ek channel hopping doen en ek sien hulle is op, dan kyk ek maar. Nou wat sê dit van my…en die miljoene ander wat daarna kyk?


Verveeldheid is n vieslike ding. Het julle nie DVDs of iets nie?
Ander se skandes en weirdhede laat ons seker normaal voel.
Flippit ja, hulle eskapades laat my hondmak lyk.
Dis goeie materiaal vir skinder.
Somehow dink ek nie hulle is gepla dat iemand in die bosse dink hulle is vlak verby nie!
Scary wat dowwe wel ‘dames’ alles vir geld sal doen?…
Ek gril vir my bewusteloos…
Dan vreet ek eerder net pap vir die res van my lewe.
Ek stem op daai een . . . *eeeeeeeeeewwwwwwwww*
Julle dames is net jaloers omdat julle in die bosse bly en die oulike dames in groot mansion! Erken dit nou!
Eh, neeeee, Rustig! As ek op iets jaloers is, is dit die tweeling se bruin, sellulietlose bo-bene.
Ek dink dit fassineer mens op dieselfde manier as wat ‘n grusame ongeluk mens fassineer.
Ek kan nie help om hiervoor te lag nie! Daar steek baie waarheid in.
Ek ken gelukkig nie die program nie maar hier het van die plaaslike mans ook ‘n paar vroue. Hulle mag egter slegs meer as een he as almal presies dieselfde het – klere, blyplek, geld ens. Soos daai oompie op die program is die nuwe vroue ook altyd jonger as die voriges
Ek kan nou nie help om te wonder hoe hy in sy baaikostuum lyk tussen die drie binikilyfies nie
Sjoe, Vlam, jammer- ek het nie ‘n cooking clue waaroor hierdie program gaan nie, weet nie eers van die bestaan nie. Ek het nooit tyd die kant om tv te kyk nie, weet net van die bestaan van BB – weet nie eers of dit nog aan is nie..haha..ek het net tyd vir ‘n vinnige nuus-update en dan’s dit – ek wil dit nie weer se nie. Dit gaan bietjie te dol met my vir tv -(skoolwerk), maar ek maak darem seker ek loer hier in – ten minste. Dalk sal ek so op “hoogte” bly LOL!
Sjoe, wat ‘n tweeling!! Imagine as hulle net 1 was
Nee, dan kyk ek maar eerder ‘n re-run van van een of ander “Z” grade Western.
Moooorrrrrrrreeeeeeee Vlam! :p
Nee kyk ek dink daai oom is een ongelooflike happy knaap. In alle opsigte!
Onthou elke bunnie het ‘n expiry date
Groot respek vir hom … om dit met DRIE uit te hou?? Gitsgert. Moedertjie sou reken hy is werklik geseënd met sulke pragtige agter-agter kleinkinders