09
Nov
09

Moenie lag nie

‘n Boer maak ‘n plan, dis ‘n waarheid daai.

Joe gaan by die nuwe fabriek in Cacuaco werk, en sodra die huise daar reg is, trek hy soontoe.  Die tyd raak min, en ek het sy plante begin regkry vir die groot trek.  Nie omdat ek so lief is vir hom nie, maar omdat ek die plante in die eerste plek vir hom gegee het!   :lol:   (Mind you, ek dink tog ek het ‘n soft spot vir die man.  Hoe anders kry hy dit reg dat ek vir hom die groot hoodia en die groot cyphostemma gee, en ek is tevrede met die kleintjies?  :roll:   )

In elk geval, hier sit ons nou in Angola sonder ‘n Green Africa Nursery of  ‘n Bundu Kwekery.  Mooi blombakke is skaars soos hoendertande.  In Shoprite kry mens ook net van die plastiek soort, en Joe se groot hoodia het iets beters vereis.  So, toe gaan ry ons bietjie rond, en op een van die asgate kry ons ‘n ou, geroeste drom.  :lol:

Ek het darem vooraf vir Joe gewys en hom ingelig oor my intensies, en hy was heel entoesiasties.  Oor die naweek het ons toe die hoodia uit sy liederlike wit, verweerde, onderste-deel-van-’n-drommetjie gehaal en oorgeplant in die befomfaaide drom. 

Photo 0052

Vir my lyk dit nogal heel…anders?  LOL.  Joe het darem al vanoggend die klokkie gelui en gesê hy hou  daarvan!

Van Cacuaco gepraat, as, indien en wanneer ek eendag die tuinjob het, sal ek met ‘n vrag klein kremetartjies gaan.  Daar is mos geen ding wat skaduwee gooi nie.  Gister sien ek omtrent 20 klein kremetartjies wat in die grasperk opgekom het.  Ek het Miguel, wat altyd die grassnyer behartig, gevra om hulle te spaar as hy weer grassny.  Toe ek die eerste keer ‘n klein kremetart sien, kon ek nie glo dat so groot boom begin as niks meer as ‘n groen spriet nie. 

Photo 0053

 


42 Responses to “Moenie lag nie”


  1. November 9, 2009 at 9:28 vm

    I like! Beslis iets anders as die gewone. :wink:

  2. November 9, 2009 at 10:08 vm

    Is die kremetart nou op die laaste kiekie daai klein groen goedjies? :roll:

  3. November 9, 2009 at 11:20 vm

    Baobab. En daai bome groei vir baie eeue om so groot te kom, he he he. Daar is a storie agter die afrika legende aan die Baobab.

  4. November 9, 2009 at 11:22 vm

    Ooo, ek sien ‘n lekker wetenskap eksperiment.
    Sal jy nie 1 keer per week/ elke tweede week weer vir ons ‘n foto plaas nie – Dan kan ons sien hoe lank vat dit vir die kremetart om te groei… Dit sal nogal pret wees.

  5. November 9, 2009 at 12:20 nm

    Daai goed vat vir ewig om te groei…ek het op ‘n stadium ‘n klein kremetart bonsai gehad… het dit later weggegee aan iemand wat ook darem ‘n liefde vir die goed het ;-)
    Hy het elke jaar net 2 blare uitgestoot!

  6. November 9, 2009 at 9:07 nm

    Ek is mal oor jou pot! Dit het karakter! My groot cycads is almal te koop! In my geval is dit soos met ‘n groot kremetart boom sou wees…. ek kan dit nie saamvat nie….ek het klaar daaroor gehuil! Vrede gemaak en als, ek moet dit nou net verkoop kry!
    Dink so baie aan julle, maar ek kom nie so gereeld hier!

  7. November 9, 2009 at 11:42 nm

    Baie oulik, ek hou baie van jou keuse, skep bietjie atmosfeer

  8. November 9, 2009 at 11:44 nm

    PS: Ek sien Austin, Texas was weer hier LOL! Hier’s hulle, lekker uitgevang! :)
    http://www.sa-austin.com/

  9. November 10, 2009 at 6:17 vm

    Chicago – Steek op jou hand!

  10. November 10, 2009 at 7:10 vm

    Dit is ‘n baie mooi huisie wat jy vir die boom gemaak het. LOL Dit lyk cool Vlam!

  11. November 10, 2009 at 8:37 vm

    More More! :P

    Het daai steggies al gegroei in die nag!? :???:

    Hoeveel langer is hulle nou al?

  12. November 10, 2009 at 12:39 nm

    Hier’s ‘n paar woestynplante wat ek wonder wat jy daarmee sal toor :-) . n Interessante plant vra vir ‘n interessante bak/blik/drom.

  13. November 11, 2009 at 6:05 vm

    Hierdie is kuns, Afrika kuns.

    As hierdie kunswerk, ‘n mooi agtergrond en bv in swart en wit in ‘n kuns gallery hang kan ek jou amper wed, die mense gaan mal gaan en ek kan jou verseker die dollars sal maklik uitgehaal word :mrgreen:

  14. November 12, 2009 at 7:29 vm

    Moooooorrrrreeeee

    So…. Hoeveel groter is hulle vandag? :mrgreen:


Leave a Reply




Kalender

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

RSS Alleman

RSS BB

RSS Boer

RSS Dellie

RSS Demoerin

RSS Flippie

RSS Jane

RSS Krista

RSS Maankind

RSS Nico

RSS Nikita

RSS Plaasjuppie

RSS Rosa

RSS Rustig

RSS Sammi

RSS Sonkind

RSS Snotblok

RSS Tersia

RSS Twilight

RSS Verslanking

RSS Vier Seisoene

RSS Zandie

RSS Zee

Email Subscription

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Click to view my Personality Profile page

Rooi Kolle

Vlaggies

free counters

Blog Stats

  • 8,984 hits