Ek biets gereeld oor tags, en evil Sonkind het my nou gaan staan en tag – en dis een waarvoor ek regtig bang is. Daar is hopeloos te veel geraamtes in my kas wat wag om uit te val.
Nietemin, ek was ‘n sterk baba, dus sal ek maar saamspeel. Só werk dit:
Enige iets wat jy nog ooit van die Vlam wou weet, maar te ordentlik of onordentlik was om te vra, doen dit nou. Speak! Or forever hold your peace. Jy moet jou vraag / vrae in die kommentaar boksie los en ek moet antwoord – daar of in ‘n inskrywing as daar baie vra is. As ek vir een of ander rede nie wil antwoord nie moet ek ‘n snaakse storie opmaak om te vergoed.
As jy te skaam / ordentlik is om onder jou eie naam te vra, feel free to go Anonymous.
Natuurlik is ‘n tag nie ‘n tag as ek nie twee nuwe slagoffers aanwys nie, nê! (Blame it on the Son!)
En my onskuldige slagoffers is…
Krista…omdat ek dink dis niks minder as fair dat ons al haar geheime ook weet nie. Plasie het ons klaar al syne vertel.
en
Nikita…omdat ek wonder of so nice girl ook dark en scary secrets het.
Onthou, julle kan nog vrae gaan opsit by Sonkind. Moenie skaam voel nie, go for it! Voluit! Hardloop! Gou-gou!!


Liewe land, Vlam! Ek sal moet gaan dink oor ‘n vraag om jou te vra, ek lees nie ouens se blogs met “ander” bedoelings nie…LOL! 1ste speel-speel vraag solank – net om jou besig te hou…bad jy kaal?
– O ja, ken jy die speletjie van “onder die hond se stert” of “piet swartvark” haha..
Ek wil nie jou bubble bars nie, Nikita, jy’s welkom om my ‘n vraag te vra, MAAR…die mense gaan jou kom vra oor jou deepest, darkest secrets! Jy weet, jy moet ook so thingy post soos ek nou…
En nee, ek bad nooit as te nimmer kaal nie. Waar op dees aarde…
Nou maar reg…Vlam…
Ek moet eers mooi dink oor wat ek jou wil vra… want….. Ek soekie ‘n klap nie!
NEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!
Wil jy nou eers kyk wat ek jou vra, voor jy dit post? Allamapstieks!!!
I am speechless!
Ooohweee, hierdie speletjie gaan baie interessant word!
Ek het ‘n vraag…jou grootste verleentheid ooit???
Sal bietjie gaan dink en kreatief raak…
Whahahaha, moderation nogal! Dis mos nie hoe die speletjie werk nie…jy kan nie kies wat jy wil antwoord en wat nie of verstaan ek nou verkeerd?
En jy neem aan daar is meer as 5 mense wat my blogs lees en meer wil weet van my? Well, I never!
EK reken hierdie een gaan so ‘n bietjie van ‘n fnokop wees synde dat ek nie veel vrae gaan kry nie, maar ek sal die een of 2 wat ek kry, probeer beantwoord.
Brandewyn of whipsky?
Tjoklits of roomys of albei?
Kleur jy jou hare?
Hi-cutts, g-strings of pantaloons? Of sonder?
Waarvoor is jy regtig bang?
Wat wou jy word toe jy nog ‘n klein dogtertjie was?
*Vryf hande genoeglik teen mekaar*
1. Na aanleiding van een van jou skrywes in die blog wat jy delete het, eet jy jou snot?
2. Kan jy dans?
3. Het jy ‘n Kurt Darren CD op jou rak?
4. Jy het ‘n komplekse living arrangement. In ‘n ideal world, hoe sal jou living arrangement lyk?
5. Hou jy van rollercoasters?
6. Is jy vir een kind liewer as vir ‘n ander?
7. Watter karakter eienskappe bewonder jy in ‘n mens?
8. Dra jy underwire bra’s? Wat beskou jy as PJ’s?
9. Hoe wild is jy nou eintlik?
10.Was jy al ooit spyt oor jou beroepskeuse?
11. Skaam jy jou nie om so blatant te kroek nie?
Ja, oukei!! Dit was net vir die aand aan gewees! Ek wou nie vanoggend wakkerword en skrik nie. What can I say? If I’m scared I’m scared!
Come to think of it…. moderation is good…. veral as dit ons twee en dalk ook Adrie involve…
Maar ek wil nog saam jou ‘n bottel wyn klaar maak, dus sal ek dit ordentlik hou!
1. Ek dink nie daar was sonars die tyd wat jy met jou eersteling swanger was nie. Wat was jou reaksie toe jy uitvind wat die geslag was en hoe het jy toe op ‘n naam gekies?
2. Hoekom mince?
3. As jy ‘n superpower bo kakpraat kon kies wat sou dit wees?
3. Wax jy?
4. Watse karakter eienskap aan jouself sou jy wou verander?
5. Watse karakter eienskap aan jouself hou jy die meeste van?
6. Hou jy van jou naam? Maar as jy jou naam kon verander war sou jy kies?
7. Wie / Waar / isjou favourite blog om te lees?
8. Wat laat jou bloed behoorlik kook?
9.Sien jy kan vir nog een ou laat lammertjie?
10. Wat wil jy graag vir Xmas he?
11. Hou jy van bubblebaths?
12. Wat doen jy om jouself te bederf?
Grrrrr…jy moet versigtig wees, bokkie!
Dink jy ek is in die Middeleeue gebore?
Neee….Maar ek weet nie hoe oud jou oudste kind is nie… SORRRY ANTIE!
EN… Ek weet nie wanneer die eerste sonars geissue is nie…
Maar jy kan my maar terug kry hoor!
You can bet on that!
Njanjanja…. You got me…Six love!!!!!
Hmmmm. Ek bevind myself in ‘n erge morele dilemma . . . maar in die sin van regverdigheid gaan ek aan jou doen presies wat jy aan my gedoen het. (wed jou jy is nou bly jy het nie alles en die kitchen sink na my toe gegooi nie
1. Kry jy ook soms die insane behoefte as jy op ‘n blog iets lees wat totaal onwaar of pateties is om ‘n comment te los wat vir die persoon beduie om by te kom? Wat doen jy dan?
2. Wie is moeiliker om groot te maak, seuns of dogters?
Uhmmmmm. Ek wetie. Jy is vir my maar nogal ‘n redelike oop boek???? Okay, kom ons probeer. Het jy nog al jou eie regte egte tande???
Hei Ogies! Goed om jou weer te sien!
Is ek ‘n oop boek vir jou? Nou maak jy my bang!
Dankie Vader ek het nie meer ‘n blog op die stadium nie. Sal die “tag” soos die runderpes vermy het. Sal maar liewer niks vra nie.
Good morning to you too, Rustig.
Wat is jou borsmaat, Vlam? Het ek rede tot jaloesie op daai gebied?
Sou jy ‘n lift oorweeg (enige lift – face, boob, tuck… so iets)?
Dra jy make-up?
Is jou skoene oorwegend plat of heeled?
Het jy die een of ander irriterende gewoonte, soos ‘n snuif, of ‘n snaakse laggie of iets wat jy met jou hande of gesig doen waaroor jou nearest en dearest either jou siel oor uittrek of wat hulle dalk in minder of meerdere mate irri?
Net een vragietjie: Vertel ons EEN ding wat NIEMAND van jou weet nie.
Kom ons begin met ‘n maklike ene:
As die die keuse gegun word om ‘n drankie te kan kies, wat jy liters van kan drink sonder om dronk te word… wat sal dit wees?
Ok, myne is gedoen, waar is joune?
(BTW issie fair play nie – PJ het net 2 vrae gekry . . . )
Het ek regtig net twee vragies vir hom gehad?
Ek was heeltemal te ordentlik…
Ek sal vanaand/more myne doen. Laat ek eers gaan check of joune up to standard is.
1. Hou jy van marmite en appelkoos-jam op toast?
2. Het jy al patats en mayonnaise geëet?
3. Meng jy jou kos of eet jy een ding op ‘n slag en bere die vleis vir laaste?
http://bit.ly/rSj1e
Hi Vlam!
Ongelukkig is ek toegegooi onder die skoolwerk! – kinders ouderdom 16/17 – dus byna soos matriek! Nagmerrie agv vorige ou wat droog gemaak het – soos in BIG time – tyd baie beperk, die link onderaand het ek ‘n stukkie geskryf, jammer, ek kan nie nou ‘n behoorlike entry maak nie- ek’s rerig toe onder die werk en kinders se deadline is 15 Okt. Sommige het geen werk en ander net bietjie. Tipiese Britse onnie wat op-screw en dan die pad vat – niks snaaks nie. Lekker dag!!
Het jy op oom Lavon se link gekliek? op daardie link? Doen dit gerus!