Ek het ‘n weekend-feeling in my bones.
Agter-ossie het ook uiteindelik na Slumdog Millionaire gekyk, en is nou heeltemal oorhoeks met daai song. As hy darem nie “Vrydag!” skree nie, dan weet ek nie so mooi nie…
Ek het ‘n weekend-feeling in my bones.
Agter-ossie het ook uiteindelik na Slumdog Millionaire gekyk, en is nou heeltemal oorhoeks met daai song. As hy darem nie “Vrydag!” skree nie, dan weet ek nie so mooi nie…
Ek weet nie juis hoekom ek hierdie “juweeltjie” uit my kinderdae wil deel nie. Dalk omdat die koerante die afgelope tyd weer so vol stories is van kinders (meisietjies) wat mishandel is. Barbie se slagoffer wat haarself gehang het. ‘n Ma wat gehelp het om haar 6-jarige te verkrag. Ek wonder baie hoe sulke kinders kan aangaan as normale mense. Ek dink dis bykans onmoontlik.
In standerd 8 het ‘n klein insident my met my enigste rêrige hang-up in die lewe gelos.
Ek het daardie naweek saam met my vriendin huistoe gegaan. Ek was daai tyd maar lekker skaam en baie prim en proper. Nog nooit ‘n boyfriendjie gehad nie; nog nooit ‘n seun gesoen nie. Ek het nog gedroom van “true love” en “happily ever after.” Kloosterkoek se moses.
Maatjie het ‘n boetie in standerd 5 gehad, ‘n klein, harige pes. Ongeskik en onplesierig. Ons het hom geïgnoreer die hele Vrydag, soos dit meisies in die hoërskool betaam. Vrydagaand het ons gaan slaap; ek op ‘n matras voor die vriendin se bed.
Op een of ander stadium daardie nag het ek wakker geword met ‘n besef dat iets fout is. Ek het nie dadelik geweet wat aan die gang is nie, maar soos ek deur die slaapnewels gekom het, het die alarms in my kop begin skree. Iemand het agter my rug gelê, sy asem hortend in my nek. ‘n Hand het koorsagtig oor my lyf beweeg. Vir ‘n ruk het ek soos ‘n houtpop daar gelê. Ek het nie geweet wat om te doen nie, al het elke vesel in my liggaam geskree dat ek moet hardloop. Ek het nie geweet wat die ordentlike ding sou wees nie. Dit was ander mense se huis; ek was bloot ‘n gas. Na wat soos ‘n ewigheid gevoel het, het ek uiteindelik opgespring en badkamer toe gehardloop en die deur agter my gesluit.
Deur my trane het ek na my beeld in die badkamerkassie se spieël gekyk. Ek het geweet dit was die klein boetie, maar wat kon ek daaraan doen? Dit het ongeskik gevoel om my vriendin of haar ouers te vertel. Ek wou net huistoe, maar daar was nie ‘n manier nie. Ek het seker ‘n paar uur lank in die badkamer gesit en huil voordat ek huiwerig terug kamer toe is. Ek het weer gaan lê, maar skaars ‘n oog toegemaak. Gelukkig het die boetie nie weer met sy streke begin nie… Dit was maklik die langste naweek van my lewe. Ek het niks gesê nie, en moes die hele tyd maak of niks fout is nie. En die klein pestelike boetie het ook gemaak of niks gebeur het nie.
Die hang-up wat ek het? Tot vandag toe kan ek dit nie verdra as daar ‘n hyg-asem in my nek is nie. My geliefde weet ook om nie agter my rug in te kruip en vryerig te raak nie. Dit skakel my nie aan nie – maak my net oombliklik witwarm van…woede.
‘n Onbenullige gebeurtenis, my hang-up nie major nie. Maar hoe cope ‘n vrou wat as kind verkrag is, gedwing is om orale seks te hê, gesodomiseer is?? Hoeveel ernstige “hang-ups”is nie daar nie?
Dis 2 uur innie oggend. Buite val die reën sag en aanhoudend. In plaas van knus onder my duvet inkruip, bly ek op. Hoekom? My eersteling, my klaar-met-matriek-seun, my fris rugbyspeler…nee, my seuntjie…het netnou werk toe gery.
“Werk” is ‘n groot smeltery. My man kyk met medelye na my en vertel dat Bruce nou saam met hardebaarde gaan werk. Maar, voeg hy vinnig by, dis ‘n goeie leerskool. Amper soos die Army was jarre gelede. Ek het nie ‘n saak met hoe goeie leerskool dit is nie. Ma’s se kinders moenie 2 uur innie oggend in gietende reën werk toe ry vir ‘n 12 uur skof van harde, fisiese arbeid nie. Hulle moet nou al in die bed wees, verkieslik onder my dak. Ek wonder of hy gaan cope? Ek worry, man, ek worry.
Gister was sy eerste dag, ‘n skof van 6 tot 6. Toe ek hom 5 uur wou gaan wakkermaak/groet, moes ek uitvind hy is al weg. Toe bel ek hom. “Brucie,” seg ek vir hom, “as jy nie daarvan hou nie, kom terug. Jy kan saam met ons Vrystaat toe gaan.” Ek kon hoor hoe my man ‘n lag in die kussing dooddruk. Ek was lus en druk hom dood. Maar toe Bruce gisteraand by die huis kom, het ek gehoor hy het dit heeltemal goed oorleef. Nie dat daar veel by die werk aangegaan het nie, en dis hoekom hy vanoggend 2 uur moes begin werk. Die oonde word aangesit…wat dit ook al mag beteken.
Aan die een kant is ek heel in my skik. Met Bruce wat werk , en dat hy actually werk gekry het. In die stilligheid het ek gedink so groot maatskappy gaan nie ‘n jong, wit lat aanstel nie. Aan die ander kant verknies ek my oor my telgie wat hom nou vierkantig in die grootmens-wêreld bevind. As hy maar net ‘n waiter was – maar hy wou nie. Of ‘n office job êrens gekry het – maar hy wou nie. Enigiets “veilig” sou my minder laat worry het.
Ek wil niks hoor van apronstrings of naelstringe nie. Ek hou baie van strings…maar ek voel hoe dit al stywer begin trek. Een van die dae gaan dit snap. Dalk het dit al…vanoggend. En dalk berei my dit my voor op hoe dit gaan wees as hy oor ‘n paar maande in ‘n silwervoël die vreemde invlieg.
Ok, as daar ‘n stil, rustige naweek voor jou uitstrek en jy wonder bietjie wat om te doen, ek het raad.
Ek lees Stokstert nou vir ‘n rukkie al, maar sy Kilimanjaro-storie (wat nog nie klaar is nie, dankie tog!) het my in vervoering. Moet asseblief net nie ‘n boring, feitelike reis-joernaal verwag nie! Die verhaal begin by See you on the other side, en dan volg die res daarna.
So het ek baie geleer oor Kilimanjaro, o.a oor die toilette op die berg:
Die toilette op Kilimanjaro is ’n kombinasie van die twee mees smerige toilet-oplossings op die planeet. Die eerste het baie name, maar die mees bekende is die nagmerrie-arabiese-hurktoilet. Dit kom daarop neer dat die vloer ’n gat in het en dat jy daaroor hurk en probeer om alles behalwe die gat te mis. Meer as een keer het dit gebeur dat iemand met stront op sy hakskene uit die toilet gekom het. Die tweede element wat hierdie kombinasie ’n killer gemaak het is natuurlik die alombekende long-drop, maar dan die variant waarby die gat vol is. As jy ondertoe kyk tussen jou bene na die hoop wat daar lê trek jou klokke spontaan omhoog. Die hoop is so hoog dat jy nie durf te hurk nie, anders sak jy met jou agterent in die tweedehandse stront.
![]()
Hoekom ek julle eintlik na Stokstert wil lok, is oor hierdie stukkie. Maar dan, ek is mos ‘n groot Afrika-junkie. Sulke goed kan ek tog nie weerstaan nie.
Saampraters